HSPV Toets

Ons wil weet watter soort mens jy is. Die boekie voor jou bevat vrae in verband met jou belangstellings en die dinge waarvan jy hou en nie hou nie. Eers gaan ons vir jou twee voorbeelde gee sodat jy presies weet wat om te doen. Na elke vraag is daar drie antwoorde.

Voorbeelde:

1. Sou jy verkies om—
(a) ’n besoek aan ’n dieretuin te bring; (ó) nie seker nie; (c) ’n ritjie met ’n vliegtuig te onderneem?

2. As jy met iemand rusie gemaak het, maak jy gou weer vriende met hom ?
(a) ja; (b) tussenin; (c) nee.

Soos uit hierdie voorbeelde blyk, is daar gewoonlik nie regte en verkeerde antwoorde nie. Elke mens is anders en jy moet net sê wat vir jou waar is. Daar is altyd een antwoord wat ’n klein bietjie beter by jou pas as die ander. Moet dus nooit ’n vraag onbeantwoord laat nie.

In hierdie toets is nog sulke vrae soos hierbo. Wanneer aan jou gesê word om om te klik, begin jy by vraag 1 en gaan aan totdat jy al die vrae beantwoord het. Hou die volgende vier punte in gedagte terwyl jy die vrae beantwoord:—

(1) Beantwoord die vrae eerlik en reguit. Jy kan geen voordeel daaruit trek deur die verkeerde indruk te probeer skep nie. Moet nooit ’n oneerlike antwoord gee net omdat jy dink dat dit die „ regte ding ” is om te sê nie. Daar bestaan maniere waarop sulke vals antwoorde opgespoor kan word.

(2) Beantwoord asseblief die vrae so vinnig as wat jy kan. Moenie tyd mors deur te lank daaroor te dink nie. Gee die eerste, natuurlike antwoord soos dit by jou opkom. Sommige vrae lyk baie eenders, maar daar is nie twee wat presies die- selfde is nie en in sulke gevalle mag jou antwoorde dikwels verskil.

(3) Gebruik die middelste antwoord slegs wanneer dit heeltemal onmoontlik is om te kies tussen die ander twee antwoorde. Dit beteken dat in die meeste gevalle die „ ja – ” (of „ a-”) of die „ nee-” (of „ c- ”) antwoord gebruik moet word.

(4) Moenie vrae oorslaan nie. Soms sal dit lyk of ’n stelling of vraag nie betrekking het op jou of die dinge waarin jy belang stel nie, maar beantwoord nogtans die vraag.
As jy nog nie seker is hoe om die vrae te beantwoord nie, kan jy nou vra. As jy nie nou iets wil weet nie, maar jy kom later ’n woord teë wat jy nie verstaan nie, mag jy ophou en vra.