Toets 4A Berekeninge

Doen elke sommetjie en soek die eerste antwoord onder die vyf moontlike antwoorde wat gegee word

 



Voorbeelde

a. Wat is die volgende getal in hierdie ry?

1   2   4   7   11  ?

A.  14
B.  15
C.  16
D.  17
E.  ‘n Ander getal

b. ▢ + 20 = (21 ÷ 3) + 23
Dus ▢ =

A.  11
B.  23
C.  9
D.  20
E.  10

c.

d. ‘n Seun neem 2 uur om 30 km met sy fiets te ry. Teen watter spoed het hy gery?
A.  30 km per uur
B.  15 km per uur
C.  20 km per uur
D.  25 km per uur
E.  5 km per uur

e. Die eerste twee pare getalle is op dieselfde wyse verwant aan mekaar.
Stel vas hoe hulle verwant is. Besluit dan watter getal die vraagteken moet vervang sodat die derde paar op dieselfde wyse verwant sal wees as die eerste twee pare.
Watter getal kan die vraagteken vervang?

(2 : 4) (5 : 10) (7 : ?)

A. 11
B. 9
C. 13
D. 21
E. 14

In hierdie toets kan vrae soos hierdie bestaan uit optelling, aftrekking, vermenigvuldiging en deling.

  • Doen alle berekeninge op die rofwerkpapier wat voorsien is.
  • Werk vinnig en noukeurig.

Hierdie toets bestaan uit 25 vrae. Werk so vinnig as moontlik. Indien jy ‘n vraag nie kan doen nie, gaan met die volgende een aan.