MOEDERS VAN DIE NATUUR

Lees die paragrawe baie noukeurig deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel word.

Die moontlike antwoorde is genommer A, B, C, D en E.
Elke vraag het net een regte antwoord.
As jy dink dat daar meer as een regte antwoord is, moet jy die een kies wat na jou mening die beste is.

Voorbeeld

1. Mev Moore klim in die trein en gaan na haar kompartement; die drie mans gaan na hulle s’n,
2. verstel die hortjies, skakel die elektriese waaier aan en probeer om te slaap. In die skemerte
3. lyk hulle almal soos dooies. Selfs die trein lyk dood hoewel dit beweeg – ‘n doodskis van die
4. wetenskaplike noorde wat die landskap vier keer per dag versteur.

(Verwerk uit “A Passage to India” deur E.M. Forster)

a. Hierdie verhaal speel af in ‘n land waar dit waarskynlik …

  1. bewolk is.
  2. sonnig en baie warm is.
  3. matig is.
  4. winderig en koel is.
  5. winter is.

b. Wie het die elektriese waaier aangeskakel?

  1. Die treindrywer
  2. Die kondukteur
  3. Mev. Moore
  4. Die waaier werk altyd
  5. Die mans

c. Watter een van die volgende bewerings is waar?

  1. Die mans se kompartement was vol sonlig.
  2. Die trein het net een keer per dag geloop.
  3. Die trein het deur die landskap beweeg.
  4. Die mans het lekker gesels.
  5. Mev. Moore het uit die trein geklim.