Toets 2A Verbale Redenering
Lees elke vraag deeglik en soek die beste antwoord onder die vyf gegewe antwoorde uit.
Voorbeelde
a. Kuiken is tot hen soos ___ is tot
- kind : moeder
- seun : vader
- vere : vel
- eier : kos
- dogter : volwassene
Kuiken staan tot hen in dieselfde verhouding as kind tot moeder. A is dus die korrekte antwoord en word teenoor voorbeeld a op die antwoordblad gemerk.
b. Watter woord pas die minste by die ander vier?
- blare
- stam
- wortels
- takke
- sonlig
Die eerste vier woorde beskryf almal ‘n boom. Sonlig pas nie by die ander nie en die antwoord is dus E.
c. Voltooi soda! ‘n logiese volgorde verkry word:
hamer : slaan : spyker
byl: ___ : ___
- hout : tafel
- kap : hout
- skerp : steel
- boom : bas
- saag : vleis
d. Wat pas die beste by ink?
- leers
- bladsye
- papier
- pen
- boek
e. Waarheen is ‘n meisie wat ‘n tas met boeke dra, na alle waarskynlikheid op pad?
- winkel
- teater
- skool
- werkswinkel
- sportveld
Hierdie toets bestaan uit 25 vrae. Werk so vinnig as moontlik. lndien jy ‘n vraag nie kan doen nie, gaan met die volgende een aan.