Toets 2A Verbale Redenering

Lees elke vraag deeglik en soek die beste antwoord onder die vyf gegewe antwoorde uit.

Voorbeelde

a. Kuiken is tot hen soos ___ is tot

  1. kind : moeder
  2. seun : vader
  3. vere : vel
  4. eier : kos
  5. dogter : volwassene

Kuiken staan tot hen in dieselfde verhouding as kind tot moeder. A is dus die korrekte antwoord en word teenoor voorbeeld a op die antwoordblad gemerk.

b. Watter woord pas die minste by die ander vier?

  1. blare
  2. stam
  3. wortels
  4. takke
  5. sonlig

Die eerste vier woorde beskryf almal ‘n boom. Sonlig pas nie by die ander nie en die antwoord is dus E.

c. Voltooi soda! ‘n logiese volgorde verkry word:
hamer : slaan : spyker
byl: ___ : ___

  1. hout : tafel
  2. kap : hout
  3. skerp : steel
  4. boom : bas
  5. saag : vleis

d. Wat pas die beste by ink?

  1. leers
  2. bladsye
  3. papier
  4. pen
  5. boek

e. Waarheen is ‘n meisie wat ‘n tas met boeke dra, na alle waarskynlikheid op pad?

  1. winkel
  2. teater
  3. skool
  4. werkswinkel
  5. sportveld

Hierdie toets bestaan uit 25 vrae. Werk so vinnig as moontlik. lndien jy ‘n vraag nie kan doen nie, gaan met die volgende een aan.