Toets 7A Ruimtelike Visualisering (3D)

Die toets bestaan uit drie afdelings.

AFDELING 1
Twee blokkies word langs mekaar geplaas en met ‘n skarnier aanmekaar vasgeheg (die dik lyn stel die skarnier voor). Die blokkie met die kolletjie staan altyd stil. Swaai nou die ander blokkie met behulp van die skarnier om, sodat die kruisie vas teenaan die kolletjie is. Soek uit die vyf moontlikhede die figuur uit wat sal ooreenstem met die blokkies nadat dit omgeswaai is.

Voorbeeld a

In die voorbeeld sal die blokkies, nadat die blokkie met die kruisie omgeswaai is sodat die kruisie vas teenaan die kolletjie druk, lyk soos figuur A.

AFDELING 2
Die figure stel soliede voorwerpe van verskillende vorms en groottes voor. Soek elke keer uit die vyf moontlikhede die figuur uit wat met die voorwerpe in die raampie aan die linkerkant, gebou kan word. In die figuur wat gebou word, moet die voorwerpe vas teenaan mekaar wees.

Voorbeeld b

In die voorbeeld sal figuur B met die voorwerpe wat in die raampie aan die linkerkant gegee is, gebou kan word.

Voorbeeld c

AFDELING 3

In Section 3 a figure (solid block) is given in the frame on the left. One of the figures in frames A, B, C, D and E on the right will look exactly the same as the figure on the left if mentally rotated in a certain direction.

The three sides which cannot be seen in the figure on the left have no marks on them.
In afdeling 3 word ‘n figuur (soliede blokkie) in die raampie aan die linkerkant gegee.

Een van die figure in raampies A, B, C, D en E aan die regterkant sal nadat dit in die verbeelding in enige> rigting geroteer is, presies net so lyk soos die figuur aan die linkerkant.

Die drie kante van die figuur aan die linkerkant wat nie gesien kan word nie, het geen merke op nie.

Voorbeeld d

Soek die figuur onder die vyf gegewe moontlikhede aan die regterkant wat, nadat dit in ‘n sekere rigting geroteer is, net soos die figuur in die raampie aan die linkerkant sal lyk. Siegs figuur C sal presies net soos die figuur aan die linkerkant lyk. C is dus die antwoord.

Hierdie toets bestaan uit 25 vrae. Werk so vinnig as moontlik. Indien jy ‘n vraag nie kan doen nie, gaan met die volgende een aan.