Toets 8 Meganiese Insig
Die toets bestaan uit ‘n aantal tekeninge en vrae wat daaroor gestel word. Lees elke vraag noukeurig. Bestudeer die tekening en soek die korrekte antwoord onder die vyf moontlike antwoorde wat gegee word.
By sommige tekeninge word die volgende tekens gebruik:
◯ is ‘n bewegende steunpunt waarom ‘n wiel of ‘n hefboom kan draai.
⦵ is ‘n vaste steunpunt waarom ‘n wiel of ‘n hefboom kan draai.
Voorbeeld a
As hefboom S in die rigting van die pyl getrek word, sal…
- geen beweging moontlik wees nie.
- W nader aan N beweeg.
- W verder van N beweeg.
- M na links beweeg.
- die hoek by P groter word.
As hefboom S in die rigting van die pyl getrek word, sal balk W laer sak, en dus nader aan N beweeg. B is dus die antwoord.
Voorbeeld b
Watter figuur kan met die twee plaatjies hierbo gebou word?
Een van hierdie plaatjies het vier gaatjies en die ander een twee. Siegs figuur A kan met hierdie twee plaatjies gebou word. By die ander figure het die plaatjies of te veel of te min gaatjies.
LW. Die swart kol wys waar die plaatjies aanmekaar vasgeskroef word. Onthou om dit ook as ‘n gaatjie te tel.
Voorbeeld c
Katrolle R en S word met ‘n band verbind.
As R in die rigting van die pyl draai, in watter rigting sal S draai?
- A. S sal heen en weer beweeg
- B. Kan nie sê nie
- C. S sal stilstaan
- D. In die teenoorgestelde rigting as R
- E. In dieselfde rigting as R
Voorbeeld D:
In watter geval sal ‘n persoon die 50 kg- voorwerp die maklikste kan oplig as hy by P druk uitoefen?
A. 1
B. 2
C. 3
D. 4
E. 5
Aangesien geval 1 die langste hefboom het, sal die voorwerp die maklikste opgelig word. A is dus die antwoord.
Voorbeeld E
Watter wiel sal die grootste afstand aflê as elkeen presies een omwenteling voltooi?
A. 1
B. 2
C. 3
D. 4
E. Almal dieselfde afstand
Die wiel met die grootste omtrek sal die grootste afstand met een omwenteling aflê.
Die antwoord is dus C.